Ek het ontwaak uit depressie - SARIE-leser vertel
Foto’s: Phyllis Green Galery
"Ek weet nou hoe Rip van Winkel gevoel het toe hy ná 100 jaar wakker word - hy't ontdek daar is lewe! Ek ly al van skooldae aan depressie. In 35 jaar is ek omtrént behandel: vitamiene, sielkundiges, gebede, skokterapie, nuwe medikasie en danmaar weer terug in die diep, donker, lewelose gat . . . Ek was kwaad vir die Here as mense sterf wat nog kon bydra - hoekom nie ek nie, wat so nutteloos is? Ek het tot begin glo ek kan net nie cope nie.
"Maar ons het aanhou soek, want ek het bly dood voel. My dierbare man en kinders het gely onder my. En toe, in Desember 2009, skryf 'n psigiater medikasie voor vir bipolêre gemoedsversteuring. My man het al op dag twee verandering gesien. Ek het dit "gevoel" binne 'nmaand. Dis agt maande later, en ek is steeds 'n nuwe mens. Ek vra nie vrae nie, ek sê net dankie, Here. En ek haal in! Ek het krag vir alles. Die lewe is so lekker. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie." - Adri Hough, Bredasdorp
Verwante artikels
-
"My vrou is bipolêr depressief"
SARIE - Mei 2010
-
Depressie - daar is hoop, sê lesers
SARIE - Junie 2008
Jeanne Els se verhaal van haar oorwinning oor depressie, ‘Terug na die Lig’ (SARIE, April 2008), het lesers die moed gegee om openhartig oor hul eie pyn te praat. Met die besef – hulle ly nie alleen nie.
-
Kinders en depressie: Julle sê op Facebook
SARIE Maart 2010
-
My kind het depressie - leser se roerende brief
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 7
"Vir 'n hele paar jaar al is my kind depressief. Aanvanklik, as 'n tiener, was hy moeilik, en beslis moeiliker as wat 'n mens normaalweg van 'n tiener sou verwag..."
-
Op vriendskap! - 'n SARIE-leser vertel
SARIE September 2010
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.














Kommentaar
Nicoline het gesê:
Ek is al so 15jaar op 'n goeie anti-depressant(het by selfmoord omgedraai).Ek nou 55jaar maar begin nou weer by dae depressief voel(met my medikasie).Is dit moontlik dat jou liggaam gewoond? raak aan die pille(ek's reeds op 2 sterktes) ?Noudat ek ook siek is met brongitis/griep,voel ek BAIE swartgallig....ek raak bang!!!Kan gewone griep/flu jou so erger laat voel?
21ste Mei. 2012, 13:15Mev M Struwig het gesê:
My seun het erge depressie,sy pa is mei 2011 oorlede en kan dit nog steeds nie aanvaar nie.Sy pa het selfmoord gepleeg en hy het op hom afgekom.Die twee het n hegte band al hul lewe gehad.Na sy pa se dood is hy in crecent kliniek opgeneem ir n week,hy het uitgekom met die grootste lof vir die plek en het toe weer normaal voortgegaan.Nou ewe skielik begin hy nagmerries kry,hy se sy pa bel hom,my kind is in n verskriklike toestand met tye.Kan iemand asb help.
27ste Feb. 2012, 16:03Karin het gesê:
Adri, my storie amper soos joune. Na te veel jare eers met depressie gediagnoseer, November 2009. Vandag is ek 'n ander mens - met die hulp van die regte medikasie en die volhouding van 'n terapeutiese proses. Sterkte vir jou.
29ste Aug. 2010, 12:29