sr2010myselfcover
Dit laat jou dink

Ek het ontwaak uit depressie – SARIE-leser vertel

“Ek weet nou hoe Rip van Winkel gevoel het toe hy ná 100 jaar wakker word – hy’t ontdek daar is lewe! Ek ly al van skooldae aan depressie. In 35 jaar is ek omtrént behandel: vitamiene, sielkundiges, gebede, skokterapie, nuwe medikasie en danmaar weer terug in die diep, donker, lewelose gat . . . Ek was kwaad vir die Here as mense sterf wat nog kon bydra – hoekom nie ek nie, wat so nutteloos is? Ek het tot begin glo ek kan net nie cope nie.

“Maar ons het aanhou soek, want ek het bly dood voel. My dierbare man en kinders het gely onder my. En toe, in Desember 2009, skryf ‘n psigiater medikasie voor vir bipolêre gemoedsversteuring. My man het al op dag twee verandering gesien. Ek het dit “gevoel” binne ‘nmaand. Dis agt maande later, en ek is steeds ‘n nuwe mens. Ek vra nie vrae nie, ek sê net dankie, Here. En ek haal in! Ek het krag vir alles. Die lewe is so lekker. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie.” – Adri Hough, Bredasdorp

  • http://dcfgwnbpwspw.com/ mteyylocwpe

    UnQivM sdulexgphasy, [url=http://fngsnruwqexz.com/]fngsnruwqexz[/url], [link=http://zpuloclviink.com/]zpuloclviink[/link], http://gtqpgxmmycta.com/

  • Karin

    Adri, my storie amper soos joune. Na te veel jare eers met depressie gediagnoseer, November 2009. Vandag is ek ‘n ander mens – met die hulp van die regte medikasie en die volhouding van ‘n terapeutiese proses. Sterkte vir jou.

  • Mev M Struwig

    My seun het erge depressie,sy pa is mei 2011 oorlede en kan dit nog steeds nie aanvaar nie.Sy pa het selfmoord gepleeg en hy het op hom afgekom.Die twee het n hegte band al hul lewe gehad.Na sy pa se dood is hy in crecent kliniek opgeneem ir n week,hy het uitgekom met die grootste lof vir die plek en het toe weer normaal voortgegaan.Nou ewe skielik begin hy nagmerries kry,hy se sy pa bel hom,my kind is in n verskriklike toestand met tye.Kan iemand asb help.

  • Nicoline

    Ek is al so 15jaar op ‘n goeie anti-depressant(het by selfmoord omgedraai).Ek nou 55jaar maar begin nou weer by dae depressief voel(met my medikasie).Is dit moontlik dat jou liggaam gewoond? raak aan die pille(ek’s reeds op 2 sterktes) ?Noudat ek ook siek is met brongitis/griep,voel ek BAIE swartgallig….ek raak bang!!!Kan gewone griep/flu jou so erger laat voel?

  • Marie Groenewald

    Dillon Lerm wat die sanger is van die treffer Emma`s Song het `n baie treffende nuwe lied wat nog nie op CD is nie maar hy het dit vir van my vriendinne gestuur "Trane van Genade" …. luister daarna en speel dit oor en oor vir jou vriendinne of kinders met depressie. Dit is `n lied van hoop en lig. Uitstekend gedoen. Ek het sy kontak beswonderhede gekry: musiek@dillonlerm.co.za Hy het gister op Radio Tygerberg `n onderhoud gehad oor die lied en genoem dat hy dit geskryf het na aanleiding van die ongelooflik baie persone wat hom genader het na Emma`s Song en almal lei aan `n vorm van depressie. Hy het die lied geskryf en gesê as dit net `n paar mense help om uit die donker gat te kom het die song in die doel geslaag… Baie goeie onderhoud.