Dit laat jou dink

Ek vermoed my tiener is seksueel aktief…

’n Amerikaanse webtuiste oor positiewe ouerskap, www.parentfurther.com, het ’n span terapeute en sielkundiges wat ouers raad gee. Vrae oor seksuele aktiwiteite is van die algemeenste wat hulle kry.

Die span se raad: Praat sensitief, oop en eerlik oor die saak. Benadruk veral die gevaar van tienerswangerskap en seksueel oordraagbare siektes. Jy kan jou kind nie verbied om seks te hê nie, maar jy kan hom of haar bewus maak van die gevolge van so ’n groot besluit. ’n Paar nuttige
vrae is: Voel jy ander plaas druk op jou om seksueel aktief te wees? Is jy bang jy verloor jou kêrel as jy nie met hom seks het nie? Is jy gewillig om die verantwoordelikheid van geboortebeperking te neem? Verstaan jy die risiko’s van onbeskermde seks?

Jimmy sê hier moet jy weer op die grondslag van jou opvoeding vertrou en hoop jou kind neem die
regte besluite.

“Ongelukkig het tye verander en tienerseks is nie ongewoon nie. Jy as ouer kan jou kind in ’n ope gesprek teen die gevare waarsku en bewus maak van die verantwoordelikheid van die besluit.”