Facebook-vriendin oor hoe sy 100 kg verloor het!

SARIE - Oktober 2009

"Die belangrikste skuif wat moet plaasvind, is die een in jou kop! Moenie jou steur aan die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor nie, dan staar jy jou blind teen 'n getal - jy moet verloor totdat jy goed lyk en goed voel. Ek was my hele lewe lank oorgewig, ook 'n emosionele eter (en vrek ongelukkig). Ek het geen sosiale lewe gehad nie en hoe ongelukkiger ek geword het, hoe meer het ek geëet. Op 40 het ek besef dat daar een persoon is wat my omstandighede kan verander - en dis ekself! Ek't hard met myself gepraat en gesê ek skuld dit vir myself om gelukkig te wees, en dat ek niemand kan blameer as ek ongelukkig is en niks daaraan doen nie." - Annelise Boot, SARIE facebook-fan

Klik om te lees hoe Annelise 100 kg verloor het

Kom kuier by SARIE op facebook

Verwante artikels

Kommentaar

  • Wil bitter graag met haar kontak maak. Lucille (0716027655)

    6de Apr. 2011, 14:52
  • fantasties ,dankie nou het ek sommer meer lus om dit aan te pak....

    3de Feb. 2011, 12:56
  • Annalise ons niggie - en WOW Annalise jy is pragtig - sooo 'n voorbeeld vir ons, opgewek vriendlik bedagsaam en sommer die mooiste mens - Goed gedoen!!!!

    16de Des. 2009, 14:27
  • Ek ken Annelise persoonlik. Sy is 'n baie sprankelende en vrolike mens, daarby nog kunstig ook...En dan lyk sy ook soos 'n "million Dollars"! Ons is almal baie trots op haar. Nou kan almal die mooi mens raaksien wat sy nog altyd was (en IS). Mooi so Annelise...!!!!!

    1ste Okt. 2009, 14:18

Web Development by FormFunction