SARIE se Facebook-vriende oor Joost

SARIE - Junie 2009

Dit het behoorlik gegons vandeesweek nadat Joost van der Westhuizen skielik in die hospitaal opgeneem is, waar hy tans aansterk na mediese toetse. Só het julle gereageer

Rina Hough
"Ai, tog! Ons dink aan jou Amor. Sterkte!"

Marianne Meyer
"Sterkte, hoor!"

Dee Rheeder
"Wat makeer Joost? Ek't seker êrens iets gemis. Is hy siek?"

Santie Landman
"Sterkte vir die Van der Westhuizen gesin! Hulle moet nou vorentoe kyk en vergeet van die verlede."

Vivienne Merry
"Stres is 'n vieslike ding."

Ronel Kuipers
"Aan die Van der Westhuizen familie, God is met julle in hierdie tyd. Bly om te hoor Joost het nie beroerte of hartaanval gehad nie.

Elizabeth Viljoen
"Sterkte aan die Van der Westhuizen familie. Ek dink sommige mense moet maar twee maal dink voordat hul kommentaar lewer. Of wil hul maar net 'n reaksie uitlok?"

Andre Van Schalkwyk
"Hi Sarie, vertel ons eerder baie meer oor helde en mans wat 'n voorbeeld is vir ander soos Matthys Roets as oor losers soos Joost en Steve."

Sonja Weilbach Schlebusch
"Ons moet mekaar se reg op 'n opinie respekteer. Ek kan tog nie help om te wonder of enige een wat hier lees nog nooit 'n fout gemaak het nie. Mag ons onthou van God se liefde en vergifnis. Ons almal woon in huise van glas. None of us are perfect, just forgiven..."

Leani de Wet Odendaal
"Sterkte aan Joost, Amor, die kids en families - ons dra hul in ons gebede op. En aan die mense wat niks goeds kan sê nie, bly asseblief eerder stil. Dis in swak smaak om altyd negatiewe opmerkings te maak omtrent ons sogenaamde celebrities, wat baie min van ons persoonlik ken, en wat ook maar net mense is. Kyk nou die dag toe Michael Jackson oorlede is en 'n ieder en elk ook hul lelike stekie omtrent sy lewe wou inkry."

Norma Hough
"Voorspoed!"

Mariana Els
"Ek wil nou regtig nie weet wat Amor te sê het nie! Daar is baie beter dinge waaroor daar gepraat kan word! Sarie - post liewer 'n mooi gedig of ietsie vir inspirasie (waarop julle so roem!). Ons as lesers is nou taamlik keelvol vir bekendes wat al die vorme van media in ons kele afdruk! Vertel vir ons liewer van die unsung heroes, waarvan ons nie weet nie. Dankie!"

Annie Prinsloo
"Ek is bly Sarie stuur al die jongste nuus oor, en ek is ook bly Joost is nie so erg nie. Ek dink weer dis stres wat hom laat omval, want ek het al dieselfde oorgekom."

Marie Minnaar
"Moet stres wees. Jammer vir hulle, wie is ons om te oordeel? Dink net Amor moet nou ook maar ophou onderhoude met tydskrfte doen, dit herinner net weer almal daaraan!"

Rina Hough
"Dankie dat julle by Sarie my op hoogte hou van alles in SA. Ek bly nou in die buiteland en bly so op hoogte van alles en almal in SA. Dankie!"

Verwante artikels

Kommentaar

  • Virginia Woolf Women have served all these centuries as lookingglasses possessing the magic and delicious power of reflecting the figure of man at twice its natural size. pornhub view iphone carry repair style fashions houses style http://www.thepornhubx.com - pornhub Herbert George Wells No passion in the world is equal to the passion to alter someone else's draft. Proverb Cras amet qui nunquam amavit; Quique amavit, cras amet — May he love tomorrow who has never loved before; And may he who has loved, love tomorrow as well porn hub app span norway warrows consultative mayberry twitter porn hub pornhub safe foregoing vertically ground pornhub Steven Wright I rented a lottery ticket. I won a million dollars. But I had to give it back. porn hub app Leonardo da Vinci Iron rusts from disuse; stagnant water loses its purity and in cold weather becomes frozen; even so does inaction sap the vigor of the mind.

    3de Des. 2010, 11:06
  • My hart is stukkend vir julle as gesin. Ek bid dat God julle huwelik sal herstel. Ek bid dat God julle weer gelukkig sal maak en weet God het jou vergewe Joost. Ek vergewe jou, maar dan moet jy ophou met verkeerde dinge en jou lewe aan God oorgee en 'n wonderlike man vir jou vrou word. "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Spreuke. Ek bid dat God julle sal krag gee, vrede, hoop en weer vreugde. Hou vas aan God, lewe vir Hom en Hy Sal julle weer gelukkig maak. Courage is fear that has said it's prayers. "Almal het gesondig en is ver van God af." Rom.3:23

    9de Nov. 2009, 09:55
  • Amor en Joost, Ons het 'n mannegroep hier in die Boland wat deeglik besef, dat ons deur genade, nie mag klippe gooi nie. Ons wil graag vir Joost bedien in die naam van JESUS, maar weet nie hoe om met hom in kontak te kom nie. As dit vir jul moontlik is, reageer op hierdie versoek en laat my weet sodat ons kan gesels. Baie dankie en sterkte Groete in CHRISTUS Uit die Boland

    8ste Nov. 2009, 12:13
  • Ek is 'n man en WAS 'n Joost ondersteuner. As man het ek begrip vir sy swakhede en die uitdagings wat mansvriende op jou afdwing.Maar jy het groot drooggemaak, ouboet. Nou is jy maar net nog 'n windgat scrummy. Vra net Wat word van die afpersers? Is dit nie 'n kriminele oortreding om iemand af te pers nie. Hulle erken skuld maar geen vervolging nie? Dan aan Amor: moenie huil nie mevrou. Jy het presies dieselfde gedoen toe Joost nog met Marlene getroud was. Jy het duidelik geweet waarvoor jy jou inlaat. Staak die Martie-martelgat benadering. Ons raak moeg daarvoor en word nie meer beindruk nie. Staak die gekerm in die media en stort die energie eerder daarin om jou huwelik te red. Dit is BAIE meer bevredigend.

    4de Nov. 2009, 13:06
  • Christa, As meer mense soos jy gerideneer het, sou die wêreld 'n ongelooflike mooi plek gewees het, dis wonderlik om te sien daar is nog mense soos jy. Aan Amor wil ek sê: JY IS 'N ONGELOOFLIKE VROU!! Sterkte, ons bid vir julle, wees goed en lief vir mekaar, want dis wat GOD wil hê!!

    14de Okt. 2009, 14:42
  • Liewe Amor, Joost en Kinders Ek bid vir julle en al die mense wat negatiewe kommentaar lewer, veral die skynheiliges wat so klippe gooi. Gaan lees weer julle bybel! God het gese die een wat sonder sonde is tel 'n klip op en gooi dit en niemand kon dit doen nie. God vergewe "JOU" Ja jy wat jou mond so vol oor Joost en Amor het, elke dag vir dit wat jy doen. Al jou leuns, diefstal, skinder stories en jou ore wat jy asdromme maak om alle skinder stories op te slurp en stertjies aan las. SKAAM JULLE. Jy is nie GOD nie. Wie is julle om 'n oordeel te vel en ander loosers te noem. Wat jy van ander se is eintlik wat jyself is. Amor en Joost sterkte.

    10de Okt. 2009, 16:30
  • Natuurlik weet Amor dat dit Joost in die video is.. sy probeer net skerm vir hom sodat hul steeds soos die gelukkige SA glans-paartjie lyk vir die media & publiek. Amor, die publiek is nie stupid nie!!

    24ste Sep. 2009, 21:01
  • So, was dit Joost of nie?? As dit werklik hy was, behoort hy tog seker verskoning te vra - nie vir dat wat hy gedoen het nie, want ek dink nie dit het enigsins iets met die publiek te doen wat hy in sy privaat lewe aanvang nie - maar om verskoning vra dat hy leuens vertel het deur te ontken. Amor jy moet regtigwaar n spesiale vrou wees indien Joost rondgeloop het en jy nogsteeds vir hom opkom en hom beskerm. Persoonlik hoop ek dat dit iemand is wat Joost wou te na kom en dat hy onskuldig is want sy vrou en kinders verdien dit nie!!!

    1ste Aug. 2009, 23:25
  • Amor byt vas staan by Joost!As ons vergewe word vir wat ons doen hoekom moet jy jou rug draai!Glo in jou man en wys dit vir hom. Sterkte uit die UK . Marina Rankin

    16de Jul. 2009, 19:09
  • As Joost maar net eerlik en openhartig was was die saak lankal vergete. kyk vir Steve - niemand praat meer oor sy dinge nie. Amor, ek bewonder jou, sterkte.

    5de Jul. 2009, 19:37
  • Anor ek is bly vir jou dat Joost by die huis is. Ek bid vir julle. Hou aan Hou uit en bly bymekaar alles sal oorwaai en dan het julle en julle kinders mekaar nog. Julle is nog jonk ondersteun mekaar op die einde van die dag is dit die moeite werd en ook God se wil hy het julle twee mooi mense nie verniet bymekaar geplaas nie. AAn die publiek los nou vir Joost en Amor hulle het genoeg van almal gehad en bid vir hulle en julle wat so oordeel vir julle self ook niemand mag met klippe gooi nie en niemand het nie geraamtes in hulle kaste nie.

    1ste Jul. 2009, 15:36