Dit laat jou dink

Facebook-verhouding. Reg of weg?

Dr. Amanda Hill, ’n kliniese sielkundige van Viljoenskroon, se raad oor Facebook-verhoudings en -vriendskappe:

  • Vertrou en luister na jou intuïsie, veral of jy gemaklik voel oor kommunikasie met dié Facebook-vriend/in.
  • Wees eerlik, maar gebruik gesonde oordeel en denke, nie emosies nie, wanneer jy aanvanklik inligting oor jouself oordra.
  • Moenie naïef alles glo wat jy hoor of sien nie. As iets te goed klink om waar te wees is dit gewoonlik nie waar nie.
  • Moenie jou saamkuier-vriende en vertrouelinge afskeep ter wille van Facebook-vriende nie. Laasgenoemde is in ’n ander kategorie.

Carolyn Holgate, algemene bestuurder, MWEB Connect

  • Facebook kan ’n wonderlike skakel wees om nuwe mense te ontmoet, maar wees bedag op “kulkunstenaars”.
  • Moenie jou persoonlike inligting té openlik met almal deel nie – stel dus jou privaatheid-stellings sodat nie almal toegang tot jou hele lewe het nie.
  • Moenie uitlokkende foto’s of sêgoed kwytraak nie.
  • Probeer uitvind hoe iemand wat met jou bevriend wil raak op Facebook (en selfs later ”romanties” betrokke wil raak) aanvanklik van jou te hore gekom het. Deur ander vriende van jou? Indien wel, doen bietjie navorsing oor dié persoon. Dis altyd goed as julle vriende ”deel”, dan kan jy jou vriende vra vir “getuigskrifte” oor dié persoon.