Dit laat jou dink

Gaan hy my bo sy vrou kies?

Ek is op ‘n getroude man verlief. Ons is al twee jaar lank minnaars. Hy is al jare nie meer lief vir sy vrou nie, en hy sê as hul kinders ouer is, gaan hy haar verlaat. Sal hy?

Dr. Eve, klinkiese seksuoloog en SARIE-sekskenner se kommentaar:
“Ek sien dieselfde in my praktyk – dis onwaarskynlik dat ‘n man sy vrou vir sy minnares sal verlaat. As ‘n affair wél tot ‘n huwelik lei, is die kans die grootste van alle huwelike dat dit gou weer eindig.”

  • Dalene

    Ek self sit in so ‘n situasie, my man het die afgelope 5 jaar met sy affairs begin. (ons is 25 jaar getroud) Ek het hom vergewe nadat hy dit erken het en net om weer oor ‘n paar maande uitevind dit het nooit gestop nie. Wat my pla is dat die meisies sy dogter se ouderdom is hy raak 50 en hulle so 24. Die probleem is my vertroue is heeltemal gebreek, en wat trigger hom so, hy wil nie van my skei nie, maar hy stop ook nie sy affairs nie. En regtig ons het alles probeer van huwelikberading, ek het tot sover gegaan om wat hy se kort in ons huwelik om die vuur weer terug te sit. En ek vertrou hom net nie meer nie, en wonder of ek nie eerder moet skei nie. Die ander partye het ook geweet hy is getroud en hy het 2 kinders wat nou darem al groot is. Ek wonder maar net dit is nie net bekendes se vrouens wat die dinge oorkom nie, on gewone lojale vrouens ook, maar wanneer is genoeg, genoeg!!!. En wat se die kenners hoeveel kanse moet jy ‘n man gee.