sr1011gekorsten1rz
Dit laat jou dink

Gé se dogter oor haar pa

“My pa was soms ‘n op-sy-eie-mens. Hy was nie baie spontaan nie, al het mense anders gedink. Jy’t nie altyd geweet wat in sy kop aangaan nie. Mense sê gereeld vir my dit moes lekker gewees het om met ’n famous pa groot te word. Maar vir ons was dit gewoon.
“Ons het nie dikwels na sy konserte gegaan nie. My ma moes ons grootmaak terwyl my pa die pot aan die kook gehou het. Ons het wel ’n plekkie op Ballito in KwaZulu-Natal gehad en het graag almal saam see toe gegaan.” - Linda Korsten oor haar pa, Gé

In die November-uitgawe van SARIE gesels Linda oor die nuwe Liefling-fliek, ‘n huldeblyk aan haar pa.

  • Marie van der Westhuizen

    Linda,

    Dankie vir jou prag artikel oor jou pa en die mooi gebaar om jul nuwe fliek aan hom op te dra. Hy sal altyd SA se grootste ster wees!
    Die keuse om die hoofrol aan Bobby van Jaarsveld te gee was die beste.
    Ek het ‘n kleinseun wat Bobby se ewebeeld is en glo dit of nie-hy luister baie graag saam met sy ouma na oom Ge se musiek.
    Ons kan nie wag vir die fliek nie! Sal so graag vir julle ‘n foto wil stuur van Divan (5), sodat jul kan sien hoe baie hy na Bobby lyk…

    Ouma Marie

  • Linda Korsten

    Hi Marie, dankie vir jou kommentaar. Stuur vir my daai foto na funhouse@absamail.co.za Sal dit baie graag wil sien. Geniet die movie. dit was vir ons fantasties om dit te maak. Groete Linda Korsten