Dit laat jou dink

Gedagte: 24uur in die lewe van jou lyf

Jy gaan waarskynlik vieruur smiddae die 100 m vinniger hardloop as op enige ander tyd van die dag. As jy ’n baba kry, is die kans goed dat dit in die vroeë oggendure gaan wees.

Elke stelsel in jou liggaam het sy eie ritme wat oor sekondes, minute, ure, dae, weke, maande of jare kan strek. Van jou stygende en dalende hormoonvlakke tot jou liggaamstemperatuur, hartklop en bloeddruk.

Studies aan die Universiteit van Minnesota het vroeg in die jare tagtig gewys jou biologiese ritmes kan jou vatbaarheid vir siektes beïnvloed, asook hoe jy in ’n verskeidenheid fisieke en intellektuele take vaar.

Sedertdien het dit ’n gewilde studieveld geword.

Daar is wetenskaplik bewys dat jy beter af sal wees as jy tussen 05:22 – 10:37 vm opstaan. Jy’t ook ‘n beter kans om minder te bloei as jy jouself 08:00vm sou raakskeer, dus is dit beter om dan jou beenhare te skeer.

More vertel ons jou op die uur hoe om jou dag te spandeer. Lees ook die volle artikel in die September SARIE.