_MG_6729
Dit laat jou dink

Geseënd is ons wat ’n sáám-Kersfees ken

Wanneer die bymekaarkom van familie en vriende met sorg beplan word. Tafels met inspirasie gedek en kos met liefde berei word. Wanneer ons kan saamlag en geskenke deel.

Maar ons weet só ’n goedvoel-Kersfees is nie almal beskore nie. Vir baie is dit ’n alleentyd. Sonder geliefdes en die blydskap van die feestyd. Sonder die koestering van ek behoort – I belong. Kersfees het een goue reël, sê Nataniël: Almal is belangrik. En altyd gaan dit oor géé. Om te ontvang is lekker, maar om te géé beteken soveel meer.

Eintlik glo ek dit is wie ons regtig is. Om te gee is ons natuurlike aard, want ons is gelukkiger, ryker mense wanneer ons weet dat ons êrens vir iemand weer hoop, vreugde en liefde bring. Kom ons gee van onsself, van ons tyd en ons omgee. Kom ons maak 2013 ’n ware géé-Kersfees.

Ná ’n kleurryke jaar wens die SARIE-span jou ’n geseënde Kersfees toe. Vir jóú wil ons gee …

Michélle sê:

Michélle