Geure van die hart
"Ek onthou hoe bang ek was. My pa het my meer geld gegee as wat ek al ooit gehad het - 'n volle tien sent. Om te help met die dapper wees. Ek onthou die hartseer afskeid van my boetie wat nog twee jaar moes wag voor hy saam kon kom. Die eerste keer in ons lewe van mekaar geskei - vir 'n hele oggend. Ek onthou my liewe ma se broosheid en hoe sterk ek om haar onthalwe probeer bly het. Maar alles was net te nuut en vreemd en groot. Te groot vir my gemoed. Selfs die fortuin in my sak kon die trane nie keer nie," vertel Koos van der Merwe van sy eerste skooldag in SARIE Oktober 2010.
- Illustrasie deur Piet Grobler
Verwante artikels
-
Koos van der Merwe - "Gaan loop onderdeur die maan"
SARIE Augustus 2010
-
Koos van der Merwe: Laaste sê hunkering en verlang
SARIE Julie 2010
Ek was nie regtig lus om te gaan nie, maar hoe stry ’n man nou teen skoonheid, en veral die soort skoonheid waarmee jy al meer as twee decades getroud is?
-
Koos van der Merwe: Laaste sê om onder deur die maan te loop
SARIE - Junie 2010
Jy kry oggendmense en jy kry aandmense. Oggendmense se gedagtes, gemoed en energie is glo beter nader aan sonsopkoms en aandmense s’n nader aan sonsondergang.
-
Koos van der Merwe: So sonder jou oë, laaste sê
SARIE Augustus 2010
So onder ’n mens se oë gebeur dit. Terwyl klein meisietjies oral om jou met poppe speel en modderkoekies bak en vir swiets kom vra.














Kommentaar