Dit laat jou dink

Geure van die hart

“Ek onthou hoe bang ek was. My pa het my meer geld gegee as wat ek al ooit gehad het – ‘n volle tien sent. Om te help met die dapper wees. Ek onthou die hartseer afskeid van my boetie wat nog twee jaar moes wag voor hy saam kon kom. Die eerste keer in ons lewe van mekaar geskei – vir ‘n hele oggend. Ek onthou my liewe ma se broosheid en hoe sterk ek om haar onthalwe probeer bly het. Maar alles was net te nuut en vreemd en groot. Te groot vir my gemoed. Selfs die fortuin in my sak kon die trane nie keer nie,” vertel Koos van der Merwe van sy eerste skooldag in SARIE Oktober 2010.