hair_stuff
Dit laat jou dink

Grootste haarfoute wat SA vrou maak

1. Hare wat sleg gesny is en slegte haarsorg. Laat sny jou hare goed – ‘n goeie snit sal selfs sonder dat dit drooggeblaas word goed lyk.

2. Vroue plaas ook nie genoeg klem op hul haarsorg tuis nie. Belê in ‘n goeie sjampoe en opknapper, asook in ‘n behandeling of masker wat jy minstens een keer per maand aanwend. (Dis goedkoper as jy dit tuis gebruik en jy kan dit boonop langer op jou hare hou.)

3. As jy jou hare by ‘n salon laat kleur, kry terselfdertyd ‘n voedende haarbehandeling – jy sal beslis die verskil sien.

4. Probeer ‘n reeks wat jou haarsoort en ouderdom pas soos Kérastase Age Premium Rejuvenating Shampoo For Mature Hair (R230) – spesiaal vir ouer hare, of voed droë hare met ‘n masker soos Wella System Professional Hydrate Mask (R256) of TRESemmé Protect Treatment Masque (R59,99).

Kenner: Huey Tilley

haarspesialis en lid van die Pantene Expert Panel. Hy is ook die eienaar van Love-haarsalon in Kaapstad. Hy’s al vir 30 jaar in die haarbedryf en het al sy skêr in die kapsels van Robbie Williams, Twiggy, Erin O’Connor en Elizabeth Jagger gehad. Plaaslik sorg hy dat Minki van der Westhuizen, Jeannie D en Elana Afrika se hare eksieperfeksie is.Type or paste here.

 

  • Maureen J van Rensburg

    Al die wonderlike produkte is te duur vir ons middelklas en arm vroue wat dit nie kan bekostig. Moet maar goedkoper produkte gebruik!

  • Martha de Lange

    Dit is so maklik om te se jy moet jou hare in ‘n goeie styl sny, ek kry niemand wat my hare ordentlik kan sny nie. ek en my dogters het dik hare met ‘n effense krul en niemand kon nog ooit ons hare ordentlik sny nie. so maak nie saak waar jy gaan vir ‘n haarsny nie, dit lyk altyd vieslik.

  • Lida Pieterse

    Dit is goed en wel om haarprodukte van R256 aan te beveel, maar almal het nie soveel geld om aan ‘n haarmasker te spandeer nie. Kan TRESemmé (R59.99) dan vergelyk word met die ander duurer produkte?

  • R Fourie

    Ek stem – net die hoërklas kan daardie duur produkte bekostig!!! Watter sakpas produk word aanbeveel vir ouer vroue? Ek is nooit seker watter snit by my ronde gesig pas nie. Die haarkappers stagneer en sny altyd dieselfde snit – al vra jy vir iets anders wat by jou gesig pas! Ek het meeste van die tyd my hare by ‘n salon gekleur, maar dis so duur en dan kom die kleur NOOIT die regte sjokolade-bruin kleur uit nie!! En glo my, ek het almal probeer in hierdie dorp. Nou doen ek dit self, maar weer eens ‘n FLOP. Jy hou by die tyd, maar dis altyd SWART en moenie dink jy gaan een of twee skakerings ligter nie – dit werk net nie! Ek het elke dag ‘n "bad hair day" en dis swart (letterlik en figuurlik). MOEDELOOS !!!!!!!!!!

  • Martenique Scott

    Martha, ek het ook daardie probleem maar het gevind dat mense wat dieselfde tipe hare as ek het my hare die beste sny en verstaan, myne lyk aaklig as dit verkeerd gesny is, maar my haarkapper het net sulke dik n krullerige hare soos ek en sy werk wonders met my kapsel. Wat ook goed werk vir krullerige hare is dat as hulle dit klaar nat gesny het en hulle plaas dit reguit moet hulle dit droog uitdun, da kom baie hare in jou neus ma dis verseker die moeite werd!!! Sterkte.

  • Riette

    Ja nee….. Ons sal graag al sy goeie raad wou volg maar wat die goeie produkte betref wat hy aanbeveel – dis effe te duur vir middelklas gesinne om te bekostig.Tresemme sal maar moet doen.
    Ekself is al ‘n paar jaar verby aftree ouderdom en probeer maar ook self goeie haarsorg toepas binne my sak se bereik.

  • Thea

    Haarkappers is ook my grootste nagmerrie – het onlangs weer oor die R700 spandeer en my hare lyk slegter as voorheen – kon ook nog nooit ‘n haarkapper kry wat genoeg aandag, tyd en belangstelling an my dun, min en sagte haartjies spandeer nie, maar ek het nog altyd net soveel as iemand met ‘n welige dik bos hare betaal – dit laat my elke keer baie hartseer en moedeloos en ‘n paar honderd rand armer – hhheeelllpppp!

  • LEANE BOSHOFF

    Deur goeie produkte te gebruik gaan beslus jou hare beter laat voel en lyk,
    Maar daar is we’ll ander goedkoper produkte wat net so goed werk… En baie
    Belangrik is om n beskerming aan tewend voor jy jou hare blaas.

  • Christina

    Ek stem saam met die ander, ek het ook nie geld vir die duur sjampoo en opknapper nie. Ek is seker daar is baie goedkoper maniere om jou hare te behandel.

  • Ilse Terblanche

    Julle, ek het ook gekla oor die duurder produkte, maar het net 1 maand vasgebyt en dit gekoop.Dit is regtig die moeite werd en mens gebruik bitter min op n slag!n bottel sjampoo en conditioner van L’OREAL (PROFFESIONAL)gaan jou omtrent R500 uit die sak jaag.Ek het medium lengte hare,was my hare elke 2de dag en dit hou my minstens 3 maande.Deel dit deur die bedrag dan is dit regtig nie so buitensporig nie, en jou hare lyk en voel fantasties.Ek sorg ook dat ek nie in een maand al2 produkte moet koop nie.en Voilla….!

  • Annette du Toit

    Ek self is ‘n haarkapster en stem saammet almal dat haarsalon produkte veels te duur vir ons gewone mense is… Baie van die produkte wat egter vandag op ons winkelrakke is, was voorheen salonprodukte!! Treseme het mens net in salonne gekry, en ‘n rits ander produkte ook!! Gaan kyk gerus, kry iets vir jou tipe hare, hetsy gekleurde, droee, olierige ens. … Daar is iets vir almal, en glo my, die kwaliteit is nie sleg nie!!! Wat snye aanbetref, as jy iemand in ‘n mall of iewers sien van wie se hare jy hou, vra haar waar laat sy haar hare sny. Mens kan gaan net vir ‘n goeie sny, en as jou sak dit nie toelaat nie, vra die die haarkapper om dit net liggies droog te maak! Wees ook versigtig vir die meisies by die wasbak… hulle word opgelei om produkte te verkoop… Hou jou antwoord reg, se net jy het nog genoeg van jou produkte by die huis, Dankie!!

  • Christine Hartley

    Ek moet met meeste vd bogenoemde saam stem. Duur produkte is ñ groot NEE by meeste v ons middelklas mense. Ek het al verander van haarkapper,aangesien sy my elke keer herinner aan my vierkantige gesigvorm as ek ñ nuwe styl wil probeer! Dis regtig moeilik om veral nuwe style te probeer. Kan julle nie dalk ñ artikel plaas soos ‘100 style aanbeveel vir vierkantige gesigte’! Dankie C HARTLEY

  • http://uuroptknetbt.com/ nseuxsatx

    vDC1ht hmjytlkcamgx, [url=http://vdraavwggooi.com/]vdraavwggooi[/url], [link=http://jvwjibfomxgs.com/]jvwjibfomxgs[/link], http://sjmzgqjatkkc.com/

  • gabriel

    Vanity of vanities, saith the Preacher; vanity of vanities, all is vanity.
    (Ecclesiastes 1:2 ASV)

  • Annemie Els

    Kan julle nie n paar fotos vir ons op die web sit sodat ons kan sien wat pas by ons gesigte nie. Ek het n probleem as ek by die haarkapper was vir "highlights" sout en peper, lyk dit vir n paar dae mooi en ek is tevrede. Maar na die eerste was gaan my hare na n wortelkleur, dan gebruik ek sommer n medium bruin net om die lelike wortelkleur te demp. Ai, dan gaan my hare amper groen, en na n paar wasse is hulle bietjie valler, en weg is die DUUR "highlights". As ek vir die haarkapper vra, asb, wat doen ons omtrent die probleem dan se hulle net, jou hare het n rooi pigment!!!!! Dan begin ons weer voor, soms is my hare soos gras…..dan gebruik ek maar sunsilk se haarmasker en hou dit lank aan, tot die volgende keer. Gee asb raad, want ek is lief vir Highlights…