2007_0626_cellphone
Dit laat jou dink

Het jy selfoonmaniere?

Hier’s ‘n paar selfoonmaniere van die kenners:

  • Moenie ander na jou selfoongesprek laat luister nie; stap eerder 3 meter weg
  • Wanneer jy bestuur, sê vir die beller jy gebruik ‘n handvrye selfoon en die sien kan dalk onderbreek word
  • Sit jou selfoon op “stil” of af tydens vergaderings. En moenie antwoord nie.
  • Moenie SMS’e stuur terwyl jy met iemand praat nie.
  • Kies jou selfoondeuntjie versigtig. Niemand op kantoor wil gereeld na “La cucaracha” luister nie!
  • Hou stempos-boodskappe professioneel en kort, en praat duidelik

Bron: Eric Bernatchez van Professional Impressions. www.profimpressions.co.za