Dit laat jou dink

Hoe gereeld eet SARIE-lesers sjokolade?

  • Elke dag                                                                – 15%
  • Meer as een keer per dag                                     – 3.8%
  • Een keer per week                                                – 44.4%
  • Wanneer ek emosioneel of gespanne is               – 24.1%
  • Ek hou nie van sjokolade nie                                – 8.2%

Wat dink jy? Eet ons te veel of te min sjokolade?

  • Mariska

    Ek dink nie daar is ooit so iets soos te veel sjokolade nie, veral nie gedurende die feesseisoen nie!! Ons almal weet dat jy elke Kersfees tonne sjokolade by vriende en familie kry (as hulle nie weet wat anders om te koop nie). En ek self maak elke jaar ‘n lysie van lekkergoed wat ek in my Kerskous wil hê, en Lindt, Lindor en Ferrero Rocher is altyd HEEL bo-aan die lys..wanneer anders kan jy so getreat word met die duur lekkernye!? Daarom is Kersfees die perfekte tyd om jou sjokolade lus sommer heeltemal te vervul!