flowerpics8
Dit laat jou dink

Hoe vergewe ’n mens ná ‘n affair?

Vergifnis begin met aanvaarding. Jy aanvaar wat gebeur het, al keur jy dit nie goed of af nie. Dit kan net gebeur as albei partye genoegsaam genees het en as hy in jou onvervulde behoeftes voorsien het, en jy in syne.

Vergifnis kan nie gedwonge wees nie. As jy nie weet of jy vergewe het nie, sê eerder jy is op pad na vergifnis. Jy sal weet jy het vergewe as jy op ’n dag besef dis verby, dit maak nie meer so seer nie. ’n Mens moet jouself ook eers vergewe. As jy jouself byvoorbeeld nie vir jou affairs vergewe het nie, en nie van daardie deel van jouself hou nie, sal jy jou gevoelens op jou maat projekteer. - Uittreksel uit ”n Affair om te vergeet’ in die Februarie-uitgawe van SARIE

  • Michelle

    Ek was een van daardie mense wat gedink het dit sal nooit met my gebeur nie en toe dit wel doen, gedink het niemand anders weet hoe ek voel nie. Ek was ‘geskok’ toe ek in die Februarie uitgawe lees van die hartkloppings en dat die skrywer deurgemaak het wat ek gedoen het. Vandag is my eks getroud met die persoon met wie hy vir 6 jaar lank ‘n affair by die werk gehad het – nadat ek die ‘insecure’ een genoem is. Ek het ook iemand ontmoet en het aanbeweeg en kan eerlikwaar sê dat dit maklik is om weer te vertrou – ek het hulle vergewe en glo nog steeds dat hulle sielsgenote is. Snaaks hoe sy nou die ‘insecure’ een is en my eks verbied het om kontak met my te maak (vir my is daar gevra om hom op te hou om hom te kontak nadat sy sy telefoonstate getrek het (waar hy my aanhoudend bel!))… asof ek hom ooit weer ‘n 2de kans sal gee. Die persoon wat nou deel van my lewe is (en met wie ek op 23 April trou) het my weer in liefde laat glo en maak dit maklik om weer te vertrou …

  • Mildred

    Ja wat moet ek maak, as jou man kom en sê hy wil onafhanklik wees, hy het ‘n affair gehad met ‘n vriendin wat by ons kom kuier het diè se man en my man was amper 30jaar vriende, en dit was glo 2jaar lank so, hoe kan ‘n mens aangaan en jouself wees, en tog het hy nie na haar toe gegaan nie, ek het ‘n vertroue probleem, en as hy regtig jammer was oor dit wat hy gedoen het, hoekom maak hy my dan seer om voor my met vroue te flirt, ek sal seker nooit verstaan nie, ek het na nege jaar wat die affair was, myself so gekry om hom weer te vertrou, maar toe gaan ons na ‘n ander land toe, en daar gebeur dit weer, voor my het hy die vrou ‘n drukkies en soene gegee, net daar was dit weer vir my dieselfde soos 9 jaar terug en nou nadat die vrou weg is, het hy hand om keer verander, hy bel nie, hy sms my glad nie meer nie en ja ons praat glad nie met mekaar nie, ek doen nog sy wasgoed en stryk dit self, en elke keer vra hy vir my wat wil ek hê!! hy wil met sy lewe aangaan, hy sê daar is nie ‘n derde party nie, maar ek is nie so seker van daai saak nie, hy het vanself uit ons kamer getrek, so wat sê dit vir jou?

  • Manlief

    Hoe vergewe ‘n mens ‘n affair indien die resultaat v/d affair deel van jou huisgesin uitmaak? Ons "laatlam" is in matriek en ek het na 18 jaar se wonder en suspisie nou uitgevind dat hy nie my seun is nie. My vrou het dit erken toe ek haar konfronteer. Ek is baie lief vir die kind en ons het ‘n hegte verhouding, maar my gevoel vir my vrou grens nou aan afgryse/teleurstelling/haat… Ek ken die hele konsep van vergewing – godsdienstig sowel as al die ander fasette, maar sit nou self in hierdie posissie waar ek moet vergewe. Sy het God om vergifnis gevra – nog nie vir my nie, maar ek weet dit sal kom en ek is bang oor wat ek gaan sê. Ek dink dat ‘n man dit baie erger ervaar en swaarder verwerk as hy ontdek sy vrou het seks met ‘n ander man gehad. Dis vir my asof vrouens makliker kan vergewe? Miskien omdat daar nie testosteroon betrokke is nie…
    Ek weet regtig nie hoe ek die ding gaan hanteer nie – gelukkig is ek kalm en rustig daaroor. Daar word nie geskree en teker gegaan nie, alhoewel ek sporadies voel ek wil moor.
    Ons oudste 2 kinders is lank reeds uit die huis uit – gelukkig. Ek wil voorlopig alle optrede ens. op ys plaas totdat "laatlam" sy matriekeksamen afgehandel het en dan dalk ‘n egskeiding oorweeg. Kan mens vergewe maar steeds skei omdat jy voel jy nie meer saam met jou eggenoot kan saamlewe nie???