Hoekom ouers en aangenome kinders mekaar wil soek
"Mense vra my hoekom ouers en hul aangenome kinders mekaar wil soek. Ek dink dis omdat 'n kind wíl verstaan, wil weet hoekom sy opgegee is vir aanneming.As sy hoor haar ma
het haar wél liefgehad en wou haar nie weggee nie, kry sy berusting. 'n Ma wil op haar beurt met haar kind - gewoonlik haar eersgeborene - herenig, want sy wil weet sy het destyds reg besluit. Sy wil ook weet haar kind is geliefd, gelukkig en verwyt haar nie. Dis die heerlikste gevoel om saans my kop neer te lê met dié dankbare wete dat ek vandag nóg 'n paar ma's met hul kinders kon herenig. Ek sal dit bly doen totdat my kop bewe van ouderdom.
"My boodskap aan SARIE-lesers wat geliefdes soek, is: Moenie een dag langer wag nie.Want môre kan te laat wees." - Leonie Erasmus, wie biologiese ma's en hul kinders wees bymekaar uitbring.
Lees haar storie in jou November-SARIE
Verwante artikels
-
Bekende violis wat haar seun laat aanneem het
SARIE - November 2009
-
Ek het my baba laat aanneem
-
My aanneemkind: "'n Geskenk uit die hemel"
SARIE Julie 2010
Hennie en Doré hoor dikwels hoe gelukkig hul seuntjie is om hulle as aanneemouers te hê. Maar hùlle is die dankbares. Die kleinman was immers bedoel om deel van hul driemanskap te wees.
-
Naas Botha gesels met ons en wys sy foto's
SARIE - November 2010
Op die ou end van die dag is hy ’n rugbylegende wat wéét waar sy lojaliteit lê. As Naas Botha vandag terugkyk, is daar net een ding waaroor hy spyt is.
-
Sarie.com-gebruiker oor aanneem-babas
-
So leer ek my kinders waardes - 'n ma vertel
SARIE - Desember 2010
-
Só lyk Sandra Bullock se aanneembaba, Louis
SARIE - Mei 2010
2010 was haar grootste, maar sekerlik ook haar seerste jaar. Sandra Bullock het haar eerste Oscar gewen, maar intussen het haar huwelik met Jesse James verbrokkel.
















Kommentaar
Petronella het gesê:
My skoonsuster het my man se kinders na 21 jaar opgespoort dmv Facebook. Hoe hulle dit gedoen het weet ek nie presies nie. Ons sal Sondag op Vadersdag uitvind hulle word dan her-enig. Ek kan nie vir julle beskryf hoeveel trane van dankbaarheid al gevloei het in ons huis nie. Aaneming was destyds die enigste opsie dit was in belang van die kinders. Ons soek al die laaste 14 jaar na hulle en elke keers is die teleursteling die grootste as jy by die adres kom waar hulle gewoon het ens.
17de Jun. 2011, 21:04Pam het gesê:
Hi Sarie I would like to find my birth mother. Please could you put me into contact with the appropriate people. thank you.
18de Apr. 2011, 03:20lelanie het gesê:
my hart is sommer in stukke en oe vol trane.kan jy my asb help om my biologiese ma op tespoor asb???!!!!!!!ek sal nooit rus vind voordat ek haar ontmoet het nie
7de Apr. 2011, 13:56