hoofboek_andre_bigx
Dit laat jou dink

Hoeveel tyd spandeer ons aan inkopies?

Mans vergeet maklik: Vroue doen nie net inkopies vir hulself nie. Van kos tot klere tot geskenke vir ander mense. Navorsing het gewys:

*25 184 uur, 53 minute in ‘n leeftyd van 63 jaar – vir noodsaaklikhede.

*Vroue maak 301 trippies winkels toe. Dis 399 uur, 46 minute. Per jaar.

*30 keer is dit vir klere (“sien, dis nie so erg nie”), 15 keer vir skoene en

18 keer vir bykomstighede. Per jaar (dalk is dit tog so erg . . .). Maar a! daar’s voordele. Vroue verbrand 1 600 kilojoules met elke inkopietog.