suurlemoenbloeisel
Dit laat jou dink

Hou jou teenstanders na aan jou

Hoewel hy soms kontak met sy kollegas verloor het, het hy altyd met sy teenstanders in kontak gebly. Jy kan jou vriende vertrou, want jy kan oor die algemeen aanvaar dat hulle jou sal steun, en jy kan jou vyande vertrou, want jy kan aanneem dat hulle jou altyd sal teenstaan. Maar jou vriendelike teenstanders – hulle is die mense wat jy fyn moet dophou. En Mandela het dit gedoen.