• Erika

    Aai, dis hartseer, syt soveel gehad om voor te lewe, ons gaan jou mis in die skinderstoel by Glitterati

  • Stephanie van den Berg

    Wat ‘n verlies vir die musiek wêreld. Sy het nie ‘n maklike pad gestap gedurende haar leeftyd maar was altyd eerlik oor haar mislukkings. Dit vat ‘n vrou van inbors om sulke dinge te erken. Ons dink aan haar kinders en familie in hierdie hartseer tyd.

  • Greta Watson

    So jammer om van die verlies te hoor!!

  • Carima Jonker

    Ek dink dit is vreeslik jammer om dit te hoor, want ek het baie bewondering vir Irene gehad, veral omdat sy al so baie in die lewe moes deurmaak maar tog kon opstaan en aangaan. Ek dink haar kinders kan met trots na haar kyk en net mooi herinneringe koester. Sterkte ook aan aan haar familie.

  • HANLIE HENNING

    Jy was my vriendin vir 15 jaar! Ons het mekaar bygestaan in tye van chaos, asook in tye van kalmte! Die Vader het jou nou kom haal en jou stryd hier is verby. Jy moet in vrede rus my vriendin! Ek sal jou altyd mis.

  • Maggie

    Hoe hartseer dat iemand wat so hard probeer het, ten spyte van soveel struikelblokke, so tragies weggeruk is. My gebede is by haar naasbestaandes, veral haar kinders. Mag Sy genade help om julle te vertroos in hierdie moeilike tyd.

  • Mimi Coetser

    Ai..laaste tyd haar sin vir humor so geniet! Glitterati het aan haar n gehoor geskep wat haar andersins nooit sou ken nie.

  • Heila

    Irene was n pragtige mens – ons sal haar mis!

  • Wilma Griesel

    Ag, dis so hartseer. So weet ons nie een wanneer dit ons tyd is om te gaan nie. Mens moet maar altyd voorbereid wees al klink dit so onmoontlik en maar net ‘n gesegde. Sterkte aan die familie.

  • Christine Brits

    Die lewe is so kort. Leef dit ten volle. Simpatie aan al haar mense.

  • MIENIE COMPAAN

    Sy was n pragtige vrou wat deurentyd probeer terug veg het teen haar drankprobleem. Tenspyte van al haar hartseer het sy altyd weer opgestaan.
    Vandag kan ek nie anders as om te wonder wat diep onderliggend in haar gemoed aangegaan het nie ?? Die pragtige vrou met so n sterk stem , soveel
    aanhangers en tog kon dit haar nie eers gelukkig gemaak het nie. Soekend na nuus oor haar ongeluk was dit tog so opvallend dat meeste berigte oor haar dood tog maar nie kon nalaat om haar drankprobleem op te haal nie, kon dit nie maar eerder net vandag n huldeblyk gewees het aan n baie spesiale vrou/sangeres nie? Ek het haar laaste gesien met haar optrede saam
    met Steve Hofmeyr en haar sprankel glimlag was so opvallend , deur al die storms het sy staande probeer bly. Irene ek sal jou mis , rus in vrede en my gebed gaan aan jou kinders , mag hulle berusting vind, voortbou op die mooi herinneringe. Dankie vir jou musiek nalating , ons sal dit altyd koester.

  • Loraine

    Ek het so pas die naweek die boek "Die Ponies Galop" van Yolanda Barnard gelees en die eerste gedagte wat by my opgekom het was dat Irene van Wyk nie lank gaan leef nie. Toe ek die nuus hoor, was dit soos ‘n vuishou. Binne 3 dae het my voorspelling waar geword.

    Sy was ‘n sterk vrou wat weer en weer opgestaan het en haar foute erken het. Daar is soveel "celebs" wat gerus haar voorbeeld kan volg. Sy sal onthou word vir haar positiewe optredes en beslis nie vir die foute in haar lewe nie. Innige simpatie aan al die familie en vriende.

  • Lo-Mari

    Ek het baie van Irene gehou. Rus in vrede. Alle simpatie vir haar kinders en ander familie.