Dit laat jou dink

Is jy bang vir die skaal?

Weeg jouself

  • 1 keer per maand
  • Verkieslik in die middel van jou menstruele siklus
  • Soggens net nadat jy opgestaan het
  • Sonder klere

Jy kan meer weeg net voor jy menstrueer of as jy pas geëet het. Ook net ná oefening, omdat
jou lyf se waterinhoud dan fluktueer. Onthou, dit gee geen aanduiding wat die verhouding van jou vet, spiere, bene en water is nie. Dis veral só wanneer jy begin oefen
het en terselfdertyd op ’n dieet gaan. Die skaal staan dan dikwels stil – maar jy word wel kleiner en dunner. “Meet” jouself eerder – met ’n broek of romp van jou wat nie van rekmateriaal gemaak is nie. As jy oefen en jou eetprogram aangepas het, behoort jy elke twee weke ’n verskil te sien.

Bron: Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige. Besoek www.betereet.co.za.

  • luzelle magareet Massey

    Wow dis goeie nuus ek sal dit toe pas