Dit laat jou dink

Izak de Villiers oor SARIE

“Met hierdie SARIE gee ek jou ’n drukkie. Ek gee jou ’n drukkie omdat ék ’n drukkie wil hê. Om te weet dat jy, sonder dat ek te veel verduidelik, iets verstaan van ’n tyd van kom en ’n tyd van gaan.” – Michélle van Breda haal oud-SARIE-redakteur Izak de Villiers aan in haar Julie-redakteursbrief. Hierin vier sy die ryke geskiedenis van ‘n 60 jaar jonge SARIE.

Die Julie-uitgawe is inspirasie soos min. Vanaf Maandag 8 Junie te koop.