ys4f9985
Dit laat jou dink

Jou kind se reg om verveeld te wees

Dit stimuleer hom om te dagdroom – dis die ontspanne staat waar sy kreatiewe verbeelding kan groei en hy homself kan ontdek. Moenie jou kind heeltyd vasgeketting hou aan die alledaagse lewe nie. Laat hom die potensiaal van konstruktiewe verveling ontdek.

– Gautengse sielkundige Judith Ancer in die Sunday Times

  • A Wheeler

    Ek stem heeltemal saam kinders mag maar verveeld wees. Ek vind heel dikwels my tienerdogter in my kamer wanneer sy verveeld is, besig om te dans en te dramatiseer. Kinders moet toegelaat word om niks te doen nie, want wanneer hulle ontspanne is groei hulle in hulself. Daar is dan niks wat hul laat stres of wat vir hulle negatief is nie en die lewe is dan ‘n lied. Wat is nou lekkerder as om te le en dagdroom en te vergeet van groepsdruk, vriende wat jy nie kan vertrou nie, verhoudings wat skeef loop ens. My dogter is in die koshuis en ek vind dat sy Vrydae na skool gewoonlik haar eie geselskap verkies, so asof sy net weer wil herstel na die week se gejaag, wil wegkom van die alledaagse. Ek los haar dan uit want ek voel sy het ook "my tyd" nodig om in haar menswees te groei en haarself te vind. Ek dink tieners wat aan die alledaagse vasgeketting word verloor vinnig hul passie vir die lewe. Hul kreatiewe denke word min gestimuleer, want hul tyd om af te skakel en te dagdroom is beperk!!