Dit laat jou dink

Jul boodskappe vir Izak de Villiers

“Vandag voel Facebook se “Like” nie soos die beste keuse nie, al is die boodskap pragtig. Hulle moes dalk ‘n hartseer-gesiggie-opsie ook hê vir seer nuus soos hierdie. Ek groet ‘n groot man.” – Annelie Zanoli Steenkamp

“Ds. Izak het my getrou en my seun gedoop in die Constantia-gemeente. Rus in vrede ná ‘n ryk lewe waarin jy baie bereik en baie mense se lewens aangeraak het, Ds. Izak.” – Sandra Mouton

“Die stem het nou te gou stilgeraak.” – Rene van Wyngaarden

“Wat ‘n merkwaardige man van God! Ek het so baie by hom geleer.” – Juliana de Villiers

  • Sandra Meyer

    Izak het my deur die jare op ver paaie geneem in sy rubrieke maar altyd weer met verwondering by Jesus se voete neergesit. Ons groet ‘n groot ikoon wat altyd mens gebly het …

  • Hannie Botha

    "Baie dankie Oom Izak" vir dit wat jy vir so baie mense beteken het! Ons gaan jou baie mis maar dit wat jy vir ons nalaat kan niemand van ons wegvat nie.