Julle gunsteling woorde
Ons lesers se gunsteling-woorde
'Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Dié woorde in Fil. 4:13 motiveer my as die lewe druk en ek voel ek kan nie verder nie' - Lesna Saayman, Sabie
'Ps. 103:1 sê: Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy Heilige Naam loof (. . .) en nie een van sy weldade vergeet nie. 'n Verpleegster het hierdie vers vir my gegee toe ek 'n kankerpasiënt was. Dit het deur die jare baie vir my beteken' - Martie du Toit, Brakpan
'Laat U wil geskied . . . Met my egskeiding 20 jaar gelede kon ek dit nooit in my gebede aan die Here uiter toe ek Hom gesmeek het om my huwelik te red nie. Maar toe ek dit eers sê, het ek vrede ontvang en alles het net in plek geval' - Lizelle Steyn, Pretoria-Noord
Wat is jou gunsteling woorde/teks uit die Bybel? Hoekom inspireer dit jou?
Verwante artikels
-
Coenie de Villiers se Damaskuservaring
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
















Kommentaar
Dee het gesê:
As For Me And My House We Will Serve the Lord. (Joshua 24:15)
1ste Sep. 2010, 16:19Niki het gesê:
Hooglied 4:7 My liefling jy is mooi, daar is aan jou niks verkeerd nie Vader het my op 'n bonatuurlik manier ontmoet deur hierdie Skrif, my stryd met 'n lae selfbeeld en skaam wees was deur hierdie Woorde uit Sy eie Mond wegspringblokke van wat regtig van my die waarheid is - soos Hy my sien.
1ste Aug. 2010, 07:03Christina het gesê:
Jer.29:11 Want net as ek dink, dit kan nou nie slegter gaan nie, dan onthou ek dat die Here in Sy woord vir my sê, Hy beplan voorspoed vir my en Hy wil vir my 'n toekoms gee, 'n verwagting.
5de Des. 2009, 11:56