stockvault_7439_20070419rz
Dit laat jou dink

Julle gunsteling woorde

Ons lesers se gunsteling-woorde

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Dié woorde in Fil. 4:13 motiveer my as die lewe druk en ek voel ek kan nie verder nie’ – Lesna Saayman, Sabie

Ps. 103:1 sê: Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy Heilige Naam loof (. . .) en nie een van sy weldade vergeet nie. ‘n Verpleegster het hierdie vers vir my gegee toe ek ‘n kankerpasiënt was. Dit het deur die jare baie vir my beteken’ – Martie du Toit, Brakpan

Laat U wil geskied . . . Met my egskeiding 20 jaar gelede kon ek dit nooit in my gebede aan die Here uiter toe ek Hom gesmeek het om my huwelik te red nie. Maar toe ek dit eers sê, het ek vrede ontvang en alles het net in plek geval’ – Lizelle Steyn, Pretoria-Noord

Wat is jou gunsteling woorde/teks uit die Bybel? Hoekom inspireer dit jou?

 

  • Christina

    Jer.29:11 Want net as ek dink, dit kan nou nie slegter gaan nie, dan onthou ek dat die Here in Sy woord vir my sê, Hy beplan voorspoed vir my en Hy wil vir my ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.

  • http://letterdash.com/nicoletteksa/Confirmation/EmailConfirmSubscribe?em=5t6NHG6%2fSY67vbdw7pv8jvXoKaUL3oev Niki

    Hooglied 4:7 My liefling jy is mooi, daar is aan jou niks verkeerd nie

    Vader het my op ‘n bonatuurlik manier ontmoet deur hierdie Skrif, my stryd met ‘n lae selfbeeld en skaam wees was deur hierdie Woorde uit Sy eie Mond wegspringblokke van wat regtig van my die waarheid is – soos Hy my sien.

  • Dee

    As For Me And My House We Will Serve the Lord. (Joshua 24:15)