sr0812dekor_3_
Dit laat jou dink

Jul Kerswense

Tamsyn het gesê:
Ek wens net dat die wêreld ‘n beter plek kan word vir elkeen van ons, dit was ‘n moeilike jaar vir die meeste mense ryk of arm wêreldwyd. Ek wens dat elkeen as ‘n persoon net meer vir mekaar en die aarde kan omgee. Kersfees is ‘n tyd om te gee, gee dit jou alles!

Danille Dewing het gesê:
Ek wens dat elke kleintjie ‘n geskenk sal kry. Al is dit ‘n warm bord kos, ‘n paar skoene, ‘n drukkie en ‘n “Ek is so baie lief vir jou”, of ‘n nuwe Barbie, PlayStation 3, ens. Alle kleintjies MOET spesiaal voel, en so min van hulle kry dit. Veral op Kersfees…

Lizere het gesê:
My wens vir Kersfees is dat die kriminele in ons land meer respek sal hê vir ander mense se lewens, en mooi dink voor hulle net doodmaak, verkrag of aanrand. En dat daar minder geweld sal wees teen kinders en diere, en dat elke persoon uitreik na iemand anders.

Lizelle het gesê:
My wens hierdie Kersfees is dat grootmense nie meer kinders sal seermaak nie, ek wens dat grootmense nie meer ander grootmense seermaak nie en ek wens dat elke grootmens en kind sy waarde sal sien en sal leef.

Corne het gesê:
My wens is dat ek en my man nooit sal vergeet wat ons in hierdie jaar geleer het nie, want finansieel was dit moeilik, en ons het soms gewonder hoe ons hierdie maand gaan deurkom. Maar elke maand het die Here voorsien en nie een dag het ons iets gekort nie. Laat hierdie Kersfees een van dankbaarheid wees en nie een van smagting na materiële besittings nie.

Deserise het gesê:
Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en suster te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

Tarina het gesê:
My wens is dat ek die babaseuntjie waarvoor ek en my man bid, mag kry.

  • JACKIE

    Ek wens dat almal in liefde en vrede wil saamleef en dat almal mekaar
    wil respekteer. Ek wens ook dat almal hul geskille wil laat skuins le
    en dat ons as gelowiges alles in ons vermoee sal doen om dit wat God van
    ons vra na te kom en altyd net sal bly GLO, Hoop en LIEFHE.

  • Elvina

    My wens is: LIEFDE en nogmaals LIEFDE! As daar liefde vir mekaar is, kom verdraagsaamheid en respek.

  • Chantal

    Ek wens gewoonlik vir my geliefdes se geluk, want hulle geluk bring altyd ‘n glimlag op my gesig. Hierdie jaar het ek my eie Kersfeeswens, dat ek my pa kan ontmoet. My pa was nie die skurk in die verhaal nie, my wonderlike ma het net nooit die vrymoedigheid gehad om hom te vertel sy is swanger toe hy verhuis het na ‘n ander land nie. Ek het geen verwyte of verwagtinge nie, sal hom net eenkeer wil ontmoet en sy arms om my voel. Daai drukkie sal by my bly vir die res van my lewe.

  • Marietjie

    My wens is om my ma se kersmaal met skaapboud,soet patat, geel rys met rosyne en triffle te kan geniet saam met my familie wat ek baie lief het. Die tradisie om die tafel sal my altyd bybly en sal dit wil oordra aan my kinders.

  • dollie

    My grootste Kers wens is: Dat almal gelukkig sal wees, arm mense sal kos he, werkloses sal werk kry, dat daar vrede op die ou aarde sal wees en dat ons ALMAL met mekar sal klaar kom sonder konflik.

  • Liané Ferreira

    My wens die Kersfees is dat ek uiteindelik na 7 jaar vir my man kan sê dat ek swanger is. Ek bid elke aand maar teen die tyd lyk die hoop seker maar skraal. Dis ‘n geskenk wat geld nie kan koop nie, my wens die Kersfees is dat God ons dié jaar sal seën.