Julle ondersteun jong vrou met borskanker
Sarie.com-gebruiker Minette Stone (31) neem jou op reis deur haar borskanker-ervaring.
Só sê julle:
"Jy is 'n inspirasie - ek het hierdie vandag per ongeluk raakgelees. Jy sal hier deurkom - jy is sterk en onthou hoeveel jou dagboek vir andere in dieselfde posisie beteken. Ek hoop jy kry gou goeie nuus en onthou - een dag op 'n slag." - KatMa
"Sjoe, ek is ook maar net 32. Dit is 'n realiteit wat baie van ons vroue in die gesig staar. Kom ons gaan vir daardie mammogram en maak seker!" - Maretha
"Ek weet presies hoe jy voel, 2 jaar gelede deur dieselfde gegaan, op die ou end knoppie verwyder, gelukkig nie kwaadaardig - maar daai skrik en wag is verskriklik, maar hou maar net moed en vertrou op Hom!" - Marie Minnaar
Lees Minette se dagboek en skryf vir haar hier
Verwante artikels
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
















Kommentaar