Dit laat jou dink

Julle ondersteun jong vrou met borskanker

Sarie.com-gebruiker Minette Stone (31) neem jou op reis deur haar borskanker-ervaring.

Só sê julle:

“Jy is ‘n inspirasie – ek het hierdie vandag per ongeluk raakgelees. Jy sal hier deurkom – jy is sterk en onthou hoeveel jou dagboek vir andere in dieselfde posisie beteken. Ek hoop jy kry gou goeie nuus en onthou – een dag op ‘n slag.” – KatMa

“Sjoe, ek is ook maar net 32. Dit is ‘n realiteit wat baie van ons vroue in die gesig staar. Kom ons gaan vir daardie mammogram en maak seker!” – Maretha

“Ek weet presies hoe jy voel, 2 jaar gelede deur dieselfde gegaan, op die ou end knoppie verwyder, gelukkig nie kwaadaardig – maar daai skrik en wag is verskriklik, maar hou maar net moed en vertrou op Hom!” – Marie Minnaar

Lees Minette se dagboek en skryf vir haar hier