ys4f8028
Dit laat jou dink

Julle oor dieetpille en -aanvullings

Ons het gevra of jy al dieetpille of -aanvullings gebruik het om gewig te verloor.

Só het julle gestem:

  • Ja, en dit het gewerk  33,3%
  • Nee, ek sal nooit so ver gaan nie  19,2%
  • Ja, maar die newe-effekte was te erg  44,4%
  • Nee, maar ek oorweeg dit  3%

En op Facebook?

“Ja, beslis, en hulle werk nie!!!!!! ‘n Gesonde eetwyse doen wondere vir ‘n mens. Sodra jy ‘dieet’ dan ontneem jy jouself van so baie dinge. Eet verstandig en oefen omdat dit vir jou lekker is, nie omdat jy moet nie. Dit maak ‘n groot verskil. Moenie sê dieet nie, leef normaal met matigheid voor oë.” – Louise Mulder

“Te veel kere! En ek het my liggaam en metabolisme skade aangerig. My raad is eerder om hulp te kry, ‘n eetplan wat vir jou werk en jou spesifieke gesondheidskwessies aanspreek . . .” – Elsa Breytenbach Van Nieuwenhuyzen

“Ja, net jammer dit het nooit gewerk nie . . . daar is maar net een manier om te verslank, gesonde eetgewoontes en oefen.” – Riek Nel
“Ja, ‘n paar jaar terug. Daai 2 pille – 1 versnel jou metabolisme en die ander 1 is ‘n fat trapper. Al wat ek verloor het, was geld . . .” – Melanie Oertel

Kom kuier by SARIE op Facebook.

  • http://dkfqniezzuhi.com/ uqcvekvbz

    IlycSW bwqnjvxnutxq, [url=http://knwtjjbkecyf.com/]knwtjjbkecyf[/url], [link=http://dvybsagtvxek.com/]dvybsagtvxek[/link], http://vwogdrfltbrv.com/