Julle oor gewig ná swangerskap
Aletté-Johanni Winckler, Heinz Winckler se vrou, het 'oorlog' verklaar teen die 20 kg wat sy tydens haar swangerskap opgetel het. En nou stap julle die pad saam met haar op haar blog:
Liana het gesê:
"Ja, ek het nou lekker gelag! Maar nie net vir jou nie maar vir myself!!!! Ek gaan dieselfde ding binne die volgende paar dae moet deur gaan. En ek is bang!!!! Nie vir die resultate nie maar vir dit wat ek nie kan doen nie. En dis mos gewoonlik dit wat jy moet doen om weer in n bikini te kan klim. Maar jy inspireer my baie, dit help om te weet ek is nie alleen nie! Dankie dolla en baie sterkte!!!!!"
Karin van der Merwe het gesê:
"Haha, en hier sit ek oorgewig met n yoghurt & muesli sweet. Ek was nog nooit op n dieet in my lewe maar glo my na 50 weet ek dis nie die maklikste ding om aan te pak nie, sterkte en ek sien uit na jou volgende brief. Ek weet somme jy gaan die koei by die horings pak."
Tinkie het gesê:
"My innige simpatie. As ek so na die foto's kyk toe my 2de dogtertjie gebore is, skrik ek nou nog en wonder wie daai vrou is. Ek was 27 kg oorgewig en met harde werk het ek dit afgeskud. Vandag is ek 'n ouma (jong ouma) en het gelukkig omtrent net so 6 kg weer aangesit en agtergekom oefening is soos eet en drink in mens se lewe. Byt net vas en jy sal sien alles begin weer krimp en normaal lyk."
Heidi Visser het gesê:
"Ek tel tussen 20 en 25 kg tydens swanerskappe op en het 3 gehad dit kom weer reg! Ek het als verloor met tyd en my oudste is amper 13 . Kon nie glo ek tel so gewig op die kon amper nie agter my stuurwiel inpas nie! Was altyd baie maer so dit was n groot skok, maar my babas was groot en gesond! Sou dit weer so verkies , hulle is my liefies! Sterkte."
Verwante artikels
-
Aktrise Heléne Lombard: "Gewig afskud is nie vir sissies nie!"
SARIE - Oktober 2010
Ma-wees het haar verander en sy't geleer om te chill, maar Heléne Lombard ook baie ander dinge geleer.
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Kate Hudson is swanger!
SARIE - Januarie 2011
En sy glo ook in die liefde ...
-
Ons glansmense smelt weg - foto's
SARIE - Oktober 2010
Die vermaakwêreld kan nie uitgepraat raak oor hoe slank Claudia Henkel (Mej. SA in 2005), die sepie-akteur Terence Bridgett en radio- en TV-omroeper Darren Scott deesdae lyk nie.

















Kommentaar