Dit laat jou dink

Julle oor skinny-jeans op facebook

Ons het laat weet dat jy ‘n skinny-jean op sarie.com kon wen. Dít het julle gesê:

“O my, ek sal nie in n skinny pas nie wag maar vir die wye pyp kompetisie!” – Karin Minnaar

“Jip, hulle maak nie skinny’s vir mense met groot kuite nie. Sal maar ook moet wag.” – Christine Kapp

“Jippie! Ek wag nie alleen nie!” – Elydia Barnard

“Ek hoop ek wen dit dan kan ek dit teen my kas ophang en sit en drool…” – Annalie Jacobs

“Skinny-jeans is in die mode sedert 2008 hier in die VSA. Suid-Afrika is agter met modes.” – Leizelle Jarana

“Bly om te sien ek wag nie alleen nie! Skinny-jeans doen dit nie vir my nie, ek is meer ‘n wyepyp-tipe.” – Fransisca Keyser

“Ek moet omtrent 6 maande dood wees voordat ‘n skinny-jean my gaan pas.” – Lizelle van Dyk

  • Jean-Mari du Plessis

    Daar is so baie meisies wat wonderlik daarin lyk maar sjoe… ek waag dit liewer nie! Laat my agterstewe 10 keer erger lyk en dan lyk dit of ek op stokkies loop (en dis ook nie die geval nie). Glad nie die "look" vir my nie!! Ek wag saam met julle. Sarie, wanneer kan ons so iets verwag?

  • Christelle van Staden

    Skinny jeans is terrible – selfs van die maerste mense lyk nie goed daarin nie!
    En as die ding ook nie behoorlik die pens of agterstewe toe maak nie, is dit 10 keer erger!