sr0105kosdinge7
Dit laat jou dink

Jy en jou cravings – dieetkundiges gee raad

“‘n Kosdrang het soms net mooi niks te doen met wat jy daagliks eet nie, maar eerder met jou hormone of ‘n slegte dag by die werk,” sê Charlene Goosen, dieetkundige by NICUS (die voedingsinligtingsentrum aan die Universiteit Stellenbosch, www.sun.ac.za/nicus).

Wenke van Charlene

  1. Moenie huiwer om jouself te bederf met dit waarvoor jy régtig lus is nie. Onthou net, as jy dit elke dag doen, is dit ‘n gewoonte – nie meer bederf nie.
  2. Gereelde maaltye en peuselhappies stuit jou honger en jy vergryp jou nie aan hoëvet-, hoë-kJ-kosse nie.
  3. Kies hoëvesel-kosse, soos lae- GI-brood, volgraan-papsoorte, vrugte, groente en peulgewasse. Vesel laat jou langer versadig voel en jou energievlakke bly stabiel.
  4. Peusel gesond: Peuselhappies is ideaal om hongerpyne en lae energievlakke tussen maaltye te voorkom. Maar onthou, ‘n peuselhappie is iets kleins wat verkieslik nie baie kJ’s het nie. Kies dus vrugte, jogurt, melkdrankies, neute en volgraanbeskuitjies.
  5. Wees soet- en sout-slim: Jy kan soet of sout cravings dikwels op ‘n gesonder manier bevredig.
  6. Sout springmielies is baie laag in vet – teenoor bv. ‘n pakkie harde aartappelskyfies. Vir soet drange probeer soet vrugte, gegeurde melk of jellie-lekkers (matig!).

Wenke van Suna 

“As jy sekere kosse uit jou dieet probeer hou, is jy meer geneig om daarna te hunker. Basta dus met ‘n denkbeeldige lysie van kosse wat jy mag en nie mag eet nie,” sê Suna Kassier, dieetkundige aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Nog wenke van haar is:

  1. Moet nooit maaltye oorslaan nie. As jou bloedsuikervlakke val, is jy meer geneig om kosdrange te kry en jou dan te ooreet.
  2. Hou altyd iets byderhand om aan te peusel, bv.’n vrug of droëvrugte in jou motor of lessenaarlaai. Jy word
    dan nie rasend honger as jy weens werk of verkeersdruk ‘n ete mis nie.
  3. As jy wel toegee aan jou drang na iets wat met vet en kJ’s gelaai is, moet jouself nie ooreet nie. Só sal jy nie later skuldig hoef te voel nie.
  • kwcjpvzzmm

    NgBEqH jyiuobewgmth, [url=http://woxhjihnlisb.com/]woxhjihnlisb[/url], [link=http://bfhcbynxknma.com/]bfhcbynxknma[/link], http://ayzboezmwcys.com/

  • DRIENIE BOTES

    EK IS OPSOEK NA ‘N DIEET. EK HET 30KG OM TE VERLOOR. EK IS ALLERGIES VIR SUIKER STYSEL EN SUIWEL. EK SIT MET ‘N ONAKTIEWE SKILDKLIER OOK EN VERGEET OM MY PILLETJIES TE DRINK. MY GALBLAAS EN BLINDEDERM IS VERWYDER. EK HET ‘N HOEFYSTER NIER. LAEBLOEDSUIKER. EK MOET VEETBIX OF ALLBRAN FLAKES EET IN DIE OGGENDE MET MELK OMREDE DIT HELP OM JOU MAAG TE LAAT GAAN. SUKKEL MET SINUSDRIP, DIT STROOM.

    KAN JULLE MY HELP ASB.

    EPOS MY ASB
    drienie.efc@telkomsa.net
    DRIENIE BOTES