dekor_3_
Dit laat jou dink

Kamer vol blomme

Hierdie vrolike plakpapier is ewe tuis in die sit- of slaapkamer. Dit kom in 5 panele wat ’n reuseblomprent van 2,3 m x 2 m maak. Die Eijffinger Dandelion, Pink-plakpapier (R3 985 vir 5 panele, wat voltooid geplak 280 cm hoog x 232 cm breed is) is van Home Fabrics. Die ottoman, ontwerp Trinity, is deur Mamacos gemaak en met Fabric Library se Nigella, kleur Cerese uit die Fusia-reeks, oorgetrek (R400 per meter, BTW uitgesluit). Prys van ottoman wissel na gelang van grootte en ontwerp. Geblomde lap op ottoman (R245 per meter) is Birdsong van Hadeda. Die teepot (R69), bord (R49) en espresso-koppieen-piering (R25) is van @home. Die wit metaal-vloerlamp (R1 820) is van House and Interiors. Die slaapbank (R2 800) is van T & Co. Die geborduurde sykussing (vanaf R600), gemaak van Twiggy, kleur Techno, is van Hertex Fabrics.