phyllis_5_
Dit laat jou dink

Kan Botox en borste ‘n huwelik red? Julle sê …

Kan Botox en ‘n nuwe paar borste ‘n huwelik red? Julle vertel vir ons op Facebook:
“Waar, waar!” – Petro Badenhorst

“Ek glo nie ek sal sover gaan nie! Ek het al ‘n paar vrouens gesien wat tog te weird lyk na al hulle botox en dinge? En dit stop gewoonlik nie daar nie want as hulle eers begin torring aan hul gesigte hou hulle net nie op nie en dis dan wanneer hulle soos “Katvrou” begin lyk! Ek gebruik eerder die geld vir ‘n lekker vakansie oorsee elke jaar! As my man my nie wil he soos ek lyk nie moet hy maar ‘n ander vrou vat!
PS. Ek moet sê die bors inplantings kan jou dalk red as jy miskien oorboord ‘n skip of iets val?? – Dalene van der Merwe

“Vra myself altyd af, WAT IS JOU MOTIEF? Dit kan nie jou innerlike verander nie…” – Nenna Van Rensburg

“Borste, my man sal ja sê, maar ek dink nie so nie. ‘More than a handful’s a waist!'” – Mechelle Esterhuizen Millingham


“As hy moeg is vir jou – is hy moeg – of verveeld of katools of getoor of whatever….laat hom gaan!” – Alice Adendorff

  • HM DU TOIT

    As n man nie die natuurlike verouderings proses aan sy, oor die algemeen goed versorgde vrou se liggaam kan hanteer nie is hy kinderagtig en oppervlakkig en het hy haar nooit werklik leif gehad nie. Laat hy dan maar sy baadjie vat en trek Ferreira. Een of ander tyd haal vadertyd ons in.