sr1002hjg_4_
Dit laat jou dink

Karin Eloff (skrywer van Stiletto)

“Dis ‘n wêreld (die seksbedryf) wat baie nooit betree nie. Terselfdertyd besoek vele mans ontkleeklubs en bordele, maar weet nooit werklik wat in die ‘werkers’ se kop of hart aangaan nie. Ek dink die boek doen goed omdat die bedryf nie verglans word soos dikwels in flieks of toneelstukke nie.”
- Karin Eloff, gewese ontkleedanseres en redakteur van die tydskrif Loslyf en skrywer van Stiletto, vertel hoe sy gevoel het toe haar omstrede boek sy sewende druk beleef. Karin is tans ‘n joernalis by die koerant Sondag.

  • Anita

    Ek het die vakansie die boek gelees, en REGTIG dit was UITSTEKEND!! Ek is bly dat sy so openlik ook praat in die boek, want daar is soveel, soveel ander meisies daar buite wat in haar posisie sit waar sy gesit het, wat vasgevang sit en seker nie weet hoe om uit hul situasie te kom nie. Karin het net bewys dat maak nie saak hoe, waar en wat jy sit nie, as jy WIL dan kan jy ‘n beter lewe lei…… Ek wens daar was meer mense daar buite soos sy…..