Dit laat jou dink

Karin Eloff

“Ek verlang soms na die harde musiek en om myself net totaal daaraan oor te gee voor vreemdelinge, sonder klere. Dit was bevrydend. Ek het soos ‘n wilde dier gevoel wat net intuïtief beweeg het en nie hoef te dink nie. Soms het mens nodig om jou brein af te skakel. Maar ek mis nie die dronk mans met hul arrogante houdings en dom opmerkings nie. Almal was darem nie so nie. Strip-klubs is liefdeloos. Dit het ‘n funksie in die samelewing en gaan nie verdwyn nie, maar ek het nou klaar geleer wat ek daar moes leer en wil beslis nooit daarheen terugkeer nie.” – Karin Eloff, skrywer van Stiletto – My lewe in die seksbedryf