Dit laat jou dink

Ken jou vyand

Sy vurige afrigter, Skipper Molotsi, het hom geleer dat ‘n bokser wat sukses wil behaal, nie net rats en sterk moet wees nie, maar ook sy teenstander moet ken. Om’n vasberade politieke teenstander te verslaan, moes hy hom leer ken en sy swakhede ontdek. Sy comrades kon verstaan waarom hy The Art of War gelees het, maar nie die Afrikaanse digkuns nie. Hulle het hom geterg omdat hy die taal van die verdrukker wou aanleer. Maar Mandela het geweet hy sou nie sy vyand kon oorwin as hy hom nie verstaan nie, en dat hy hom net kon verstaan indien hy sy taal kon praat. Uit: Op pad met Mandela – 15 lewenslesse deur Richars Stengel