Kinders en depressie: Julle sê op Facebook
Foto’s: Phyllis Green Galery
Ons het Menja se brief oor haar kind se depressie op Facebook gesit vir julle om te lees. Só het julle gereageer:
"Bid vir ouers met kinders met depressie! Want dit is hulle wat die kinders moet dra deur die moeilike tyd!"
Depressie is nie net iets wat jy by jou kind kan laat stop deur 'n goeie pak op sy tyd nie. Dit is 'n realiteit en 'n siekte wat soos enige ander siekte behandel moet word met medikasie en terapie. En baie liefde en omgee."
"Wanneer gaan die mense daarbuite verstaan dat depressie nie aan- of afgeskakel kan word. Niks of niemand trigger depressie. Jy het dit of nie! Ek weet, want ek ly aan depressie en het geen beheer daaroor nie. Dit is 'n wanbalans in my brein. En ek is n ma, 'n eggenoot en loop elke dag met skuld gevoel dat my man en kinders moet swaarkry deur my op- en aftye. Die beste ding wat ek nog vi myself en gesin kon gedoen het, was om Denmar toe te gaan. Daar is my medikasie uitgesorteer, en ek't inligting gekry oor, hoekom, waar en wat! Ek is n nuwe mens, nie genees nie, maar met die kennis wat ek nou het, weet ek wat die rooi ligte trigger en hoe om dit te hanteer. Om depressie te hê, is nie n doodstraf nie, drink jou medikasie, kry hulp en vra ondersteuning."
"Depressie is nie gelyk aan negatiwiteit nie..."
"Volslae depressie nie iets is om mee te speel nie. Dit kan jou lewe in 'n oogwink verwoes as jy nie gou genoeg hulp kry nie."
Jou sê tel!
Besoek SARIE se facebook-blad en gesels saam
Verwante artikels
-
"My vrou is bipolêr depressief"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 10
"Ek het self die pyn van depressie ervaar - ek verstaan beter." John Gradidge moes 'n steunpilaar vir sy bipolêr-depressiewe vrou wees, maar omdat hy self depressie ervaar het, verstaan hy haar en hulle verhouding beter. Hy vertel sy storie
-
Celebs se Facebook-profielfoto's, en lyk jy soos 'n celeb?
SARIE - Junie 2010
Ons klets, kuier aanlyn en deel mekaar se foto's in die kuberruim. Party van ons het foto's van onsself, ander van hul kinders, honde en gunsteling-vakansieplek.
-
Ek het ontwaak uit depressie - SARIE-leser vertel
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
-
Hou jou kinders styf vas...
SARIE - Mei 2010
-
Kinders en egskeiding: Maak die seer makliker
SARIE - Junie 2010
-
My kind het depressie - leser se roerende brief
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 7
"Vir 'n hele paar jaar al is my kind depressief. Aanvanklik, as 'n tiener, was hy moeilik, en beslis moeiliker as wat 'n mens normaalweg van 'n tiener sou verwag..."
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
















Kommentaar