Dit laat jou dink

Kinders en depressie: Julle sê op Facebook

Ons het Menja se brief oor haar kind se depressie op Facebook gesit vir julle om te lees. Só het julle gereageer:

“Bid vir ouers met kinders met depressie! Want dit is hulle wat die kinders moet dra deur die moeilike tyd!”

Depressie is nie net iets wat jy by jou kind kan laat stop deur ‘n goeie pak op sy tyd nie. Dit is ‘n realiteit en ‘n siekte wat soos enige ander siekte behandel moet word met medikasie en terapie. En baie liefde en omgee.”

“Wanneer gaan die mense daarbuite verstaan dat depressie nie aan- of afgeskakel kan word. Niks of niemand trigger depressie. Jy het dit of nie! Ek weet, want ek ly aan depressie en het geen beheer daaroor nie. Dit is ‘n wanbalans in my brein. En ek is n ma, ‘n eggenoot en loop elke dag met skuld gevoel dat my man en kinders moet swaarkry deur my op- en aftye. Die beste ding wat ek nog vi myself en gesin kon gedoen het, was om Denmar toe te gaan. Daar is my medikasie uitgesorteer, en ek’t inligting gekry oor, hoekom, waar en wat! Ek is n nuwe mens, nie genees nie, maar met die kennis wat ek nou het, weet ek wat die rooi ligte trigger en hoe om dit te hanteer. Om depressie te hê, is nie n doodstraf nie, drink jou medikasie, kry hulp en vra ondersteuning.”

“Depressie is nie gelyk aan negatiwiteit nie…”

“Volslae depressie nie iets is om mee te speel nie. Dit kan jou lewe in ‘n oogwink verwoes as jy nie gou genoeg hulp kry nie.”

Jou sê tel!

Besoek SARIE se facebook-blad en gesels saam

  • 7YrEMC yotszwqwbblh, [url=http://lajvvnvoawiv.com/]lajvvnvoawiv[/url], [link=http://ygdwntogwjks.com/]ygdwntogwjks[/link], http://lkxndmifhefm.com/

  • Deandra

    We’ve arvried at the end of the line and I have what I need!