Kolwyntjies of cupcakes...?
Kolwyntjies, wat eens die ster van kinderpartytjies was, het ontpop in die soet ikoon van ons tyd. So haute het kolwyntjies geword dat ’n nuwe naam nodig is om die verleiding te verwoord. Die term “koppiekoekie” is al gebruik – dalk net te prakties vir iets so fyns. Cupcake is sexy. Kolwyntjies is iets vir kinders. Wat van “kraagkoekie” ter ere van haar couture-status? Of “koket-koekie” om haar stout sy te bevestig? Maar om die taalvrede te bewaar hou ek vir eers by “kolwyntjie”.
.....
Daar’s nog redes hoekom die koek-koket se toekoms so blink lyk soos die goue stof waarmee sy deesdae haar wange bling. Kolwyntjies se porsie-beheer is ingebou en die klein vergrype miniatuur genoeg om die dieet-stemmetjie te flous. Anders as jou vergryp aan ’n hele koek, kan jy met ’n kolwyntjie die sosiale taboe oorbrug en ’n hele een verorber, selfs twee.
* Lees die volle rubriek deur Errieda du Toit in die Lente SARIE KOS, nou te koop. Daar is 30 kolwyntjie-resepte in dié uitgawe.
WATTER BERSKRYWING VERKIES JY? KOLWYNTJIE OF CUPCAKE?
Verwante artikels
-
Grondboontjiebotter-kolwyntjies
SARIE - September 2008
Wie ken nie grondboontjiebotter-en-gouestroop- toebroodjies as kind nie?
-
Kaaskoek-kolwyntjies
SARIE - September 2008
Dis ’n heerlike kombinasie van sjokolade- en kaaskoek
-
Klapperkolwyntjies
SARIE - September 2008
My inspirasie was die outydse hertzogkoekie. (Ek het ’n kolwyntjiepan gebruik wat 24 maak.)
-
Kolwyntjies
SARIE KOS - Lente 2008
’n Partytjie is geen partytjie sonder kolwyntjies nie! Versier met goue of silwer balletjies en rond af met papierblomme of vars rose.
-
Kolwyntjies
SARIE - November 2007
Ek ken nie een kind wat nie versot is op kolwyntjies nie. Dié resep is kinderspeletjies.
-
Maklikste kolwyntjies nog
SARIE - September 2008
Jy kan die kolwyntjies met ’n verskeidenheid van lekkers versier
-
Mango-kolwyntjies
SARIE - September 2008
Die kombinasie van mango en geklopte room is ’n wenner
-
Sjokolade-splinterkolwyntjies
SARIE - September 2008
Die lekkerte lê in witsjokolade-ganache
















Kommentaar