Kom sluit aan by die ekerk
www.ekerk.co.za is 'n plek waar jy op hoogte kan bly, video's kyk, blogs lees, aansluit by projekte en saam gesels.
"Ekerk se doel is om mense regoor die aarde op die internet met die Here se Goeie Nuus te bedien. Saam met Stephan Joubert fokus ‘n span toegewyde Christenleiers gereeld op verskillende fasette van kerkwees."
"Die ekerk is glad nie 'n eksklusiewe kerk nie. Hier mag jy maar dubbele lidmaatskap hê, want jy moet ook nog by jou plaaslike kerk inskakel! Saam met jou eie kerk wil die ekerk jou dien en begelei om die goedheid van ons wonderlike God nog beter te verstaan. As jy dalk ver van 'n kerk af bly, of iewers in die buiteland sukkel om by 'n vreemde kerk in te skakel, dan wil die ekerk graag jou kerk wees!"
Dit kan jy doen:
- Hulle beplan 'n Bybelskool waarop jy kan inteken. Klik hier vir die jongste nuus!
- Kyk inspirerende video's
- Laai 'n gratis Mattheus-Bybelskool af
- Sluit by hulle Twitter-feed aan.
- Sluit aan by hul huisbou-projekte
















Kommentaar
Louise Brits het gesê:
Stephan se kort en kragtige dagstukkies het my lewe radikaal verander. Hyis 'n praktiese, belydende Christen en leef tussen ons.Jesus is tussen ons en dit maak ons lewe net soveel makliker. Dankie STephan, vir die daaglikse inspirasie.
28ste Jan. 2011, 22:12HM VAN NIEKERK het gesê:
stel belang in e kerk.
24ste Jul. 2010, 10:47BERYL DAVIDSE het gesê:
DIT IS ABSOLUUT WONDERLIK OM E-KERK TE HE.DIS NET NOG N MANIER OM JESUS AAN DIE WERELD TE VERKONDIG,EN DIT WEET ONS HET DIE WERELD NOU JUIS NODIGER AS ENIGIETS ANDERS.
18de Nov. 2009, 01:10