phyllis_green
Dit laat jou dink

Kom uit jou groef – Fanie sê hoe

Hoekom dra jy jou hare al 20 jaar dieselfde? Sny dit. Let go. Dis net hare. Dit groei weer, sê Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur. Is dit jou haarkapper se skuld? Soek dan ’n ander een. As sy haar sout werd is, gaan sy jou nie in dieselfde styl laat vasval nie.

En om jare lank dieselfde klerestyl te hê is sommer net lui. Vat iemand wat jy vertrou saam winkel toe. En pas alles aan wat jy dink nié by jou gaan pas nie. Moenie klere bloot op die hanger beoordeel nie. Dis misleidend. Te bang mense sien jou raak? Jou nuwe, moderne styl trek te veel aandag? Onthou: mense is dikwels so bekommerd oor hul eie voorkoms dat hulle nie te krities oor joune gaan wees nie.