sr09koosvdmerwe12
Dit laat jou dink

Koos van der Merwe – “Gaan loop onderdeur die maan”

“In ‘n wêreld van vinnige kure en slim medisynes het ons dalk verleer om in die donker van die lewe betekenis te vind. In ‘n wêreld waar jy dag en nag helder ligte kan aansit, het ons dalk verleer om die stem van die donker te ken. Die nag kan jou leer van sterre in die donkerste uur. Die nag kan jou leer stil word en terugkyk na die sondes van die lig. En die nag kan jou laat ontdek dat daar net een ware Lig is.
Gaan loop onder deur die maan.” – Koos van der Merwe, SARIE-rubriekskrywer