sr0812dekor_5_credit_ryno
Dit laat jou dink

Kry ‘n nuwe houding

Navorsing het dit bevestig: Wat jy oor ander sê, verklap baie van jouself. As jy ander altyd in ’n positiewe lig sien, is jy waarskynlik entoesiasties, gelukkig, bedagsaam en emosioneel stabiel. Dink jy die teendeel, is jy straks geneig om antisosiaal, ongelukkig, knorrig en mislik te wees. Maar die gedagte is nie dat jy probeer verander wat jy dink nie – verander eerder die ingesteldheid wat jou opinie kleur.

Aanvaar almal wat jy ontmoet, doen hul bes, en kyk of dit ’n verskil maak aan hoe jy oor hulle voel. Jy het niks om te verloor nie – net ’n vrotsige houding!

Bron: Journal of Personality and Social Psychology, soos berig in die Australiese gesondheidstydskrif WellBeing.