sr1010charisma_10_rz
Dit laat jou dink

Kry vir jou erotiese kapitaal

Ons ken almal sulke mense:

Wanneer hulle ‘n vertrek binnekom, trek hulle ander soos ‘n magneet aan. Almal wil in hul gloed baai. Hulle is nie noodwendig besonder aantreklik nie, maar hulle het één ding, en dis erotiese kapitaal.

Dis die nuwe gonswoord vir daardie X-faktor wat sommige mense laat uitstaan. Mense soos Nico Panagio, Michelle Botes en Tammy-Anne Fortuin.

“Dis seksualiteit ineengevleg met selfvertroue, sprankel en lewenslus,” sê Liesl Göttert, media-strateeg, politieke adviseur en voorsitter van World to Africa Business Communication in Kaapstad

As jy nie erotiese kapitaal het nie, kan jy dit aanleer, sê dr. Catherine Hakim van Londen.

  • Vra ‘n (eerlike) vriendin om die persoonlikheidseienskappe waaraan jy kan werk, uit te wys.
  • Stel werklik in ander belang en reageer op wat hulle sê.
  • Stap ‘n vertrek met selfvertroue binne.
  • Maak seker jy staan en sit regop.
  • Moenie jou arms woes rondswaai nie en moenie jou gesig op ‘n lelike manier trek nie.
  • Gebruik jou sin vir humor.
  • Wanneer jy lag, moet jou oë saamlag.
  • Probeer mense se name onthou.
  • Gebruik assosiasies. Vra weer.
  • Praat entoesiasties oor stimulerende onderwerpe. Wissel dit met humor af.
  • Komplimenteer ander opreg. Jy moet ook komplimente kan aanvaar en erken.

* Lees die volle artikel in die Oktober-uitgawe van SARIE – vanaf Maandag 20 September te koop.