Kyk wat het julle vir Bertha te sê...
"Bertha lyk verstommend!!! Ek wens dit was ek wat daar kon staan en mooi gemaak word deur julle spannetjie - maar helaas - ek is maar net 'n 'gewone mens' met figuurfoute, ouderdom (52) en alledaags. Maar niemand het gesê dat ek nie kan droom nie ...
"Bertha lyk verstommend!!! Ek wens dit was ek wat daar kon staan en mooi gemaak word deur julle spannetjie - maar helaas - ek is maar net 'n 'gewone mens' met figuurfoute, ouderdom (52) en alledaags. Maar niemand het gesê dat ek nie kan droom nie ... miskien eendag kry ek dalk 'n kans om so bederf te word. Baie geluk, hou so aan, en dankie dat julle vir ons drome skep!!!!" - Annatjie van der Westhuizen
"Emma is 'n ware inspirasie vir alle vroue. Jy maak dat mens weer wil leef!" - Elaine van Gooswilligen
En Latasha sê: "Ons Emma is 'n toonbeeld van gesondheid en geluk! Ek het reeds 15 kg verloor, maar ek is nou eers halfpad na my doelgewig toe. Net toe ek nie meer lus het om te dieët nie word Bertha se foto's vrygestel en ek sien hoe ek gaan lyk!! Dankie SARIE en Bertha - ek is weer volstoom aan die gang!!"
Klik hieronder om te lees wat ander sê.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Bertha
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 29
Vat dit van my: Voorbladfoto's vir 'n glanstydskrif soos SARIE is nie 'n eenvoudige ding nie ... - Fanie Cronjé, sosiale en styl-redakteur
















Kry jou SARIE oral, enige tyd