Dit laat jou dink

Leer jou kind waardering

Gee jou kinders klein takies of verantwoordelikhede by die huis. Kinders kry ’n groter waardering vir tyd en opoffering as hulle leer om van hul tyd te gee. Hulle kan byvoorbeeld help om tafel te dek en af te dek, die skottelgoedwasser uit te pak of om die swembad skoon te maak.

Let wel, sonder betaling, net ’n “dankie, ek waardeer jou hulp”.

  • Mabel Griffin

    Ek stem heeltemal saam, dit gee kinders die selfvertroue dat hulle deel is van take in en om die huis,,
    Ivan my kleinseun se altyd vir my, ouma Mabel gaan nie die gras sny nie..los dit vir my sonder betaling!! My kleindogters is net so handig met kos maak en koekies bak en klein takies in die huis.
    Ek is so trots op almal van hulle

  • Mabel Griffin

    Natuurlik moet ek dit ook deel, die drie kleinsens Ivan, 9 JayBee 9 en Jay Lee 8 help sand aflaai vir ons boma.Hulle maak beurte om die krywa te stoot en om sand af te laai. My buurvrou het aan my vertel wat sy gehoor het…ek moet dit deel se sy. Watse mooi woorde Ivan vir sy twee nefies gevra het. Ivan haak af en se julle kom ons doen dit net vir ouma….dit het my hart baie bly gemaak en ek is so trots op hulle seuns

  • johan bouwer

    Ons mis om n kkind te he wat alles kon doen n kind wat opgewonde was oor kersfees wat die mooi van die natuur kon waardeer. Ons seun is op 16 oorlede en ons ander kind is intelektueel gstrem. Vir die klein dinge is ons dankbaar .Vir die seer elke Kersfees het ons nie meer n antwoord nie ons waardeer mekaar as man en Vrou en is dankbaar vir wat ons het