contry_garden_scene_with_green_fence
Dit laat jou dink

Liefde maak die verskil

Maar ’n pragmatiese een. Hy het immers geen ander keuse gehad nie. Vir ’n groot deel van sy lewe was liefde in die verskiet, iets wat eerder in sy verbeelding en herinneringe bestaan het as in die werklikheid. En wanneer die liefde wel ’n werklikheid was, was dit dikwels ’n bron van pyn, eerder as vertroosting.Tog het hy nooit die droom laat vaar dat hy liefde sou vind nie. Hy was selde in staat om die konvensionele rol van vader te vervul. Sy oudste seun het hom eenkeer gevra waarom hy nooit ’n nag by die huis kon deurbring nie, en hy het geantwoord dat daar miljoene ander Suid-Afrikaanse kinders was wat hom ook nodig gehad het. Dis ’n vreeslike ding om vir jou eie seun te moet sê, en in vele opsigte was hierdie opoffering die pynlikste van almal.

  • Sonja

    Nogals aanmatigend.