Dit laat jou dink

Lig jou bui

As jy weer met ‘n moeilike taak moet begin, gaan kyk eers ‘n snaakse video of luister na jou gunsteling-musiek – enigiets wat jou bui lig. ‘n Nuwe studie aan die Universiteit van Western Ontario in Kanada wys as jy in ‘n goeie bui is, kan dit jou help om probleme beter op te los en om meer kreatief te dink.
Bron: www.webmd.com

Uit SARIE, Maart 2011, bl.152